Skip to main content

Akkommodasie

81 On Church

Afstand van onthaal-venue: 400m
Kapasiteit: Slaap 10 in 5 eenhede
Webwerf: 81 On Church

De Bergkant

Afstand van onthaal-venue:650m
Kapasiteit:Slaap 18 in 9 eenhede
Webwerf:De Bergkant

De Kleine Prince

Afstand van onthaal-venue:450m
Kapasiteit:Slaap 34 in 9 eenhede
Webwerf:De Kleine Prince

Dennehof Gastehuis

Afstand van onthaal-venue:1,2km
Kapasiteit:Slaap 16 in 8 eenhede
Webwerf:Dennehof

Elfen House

Afstand van onthaal-venue:200m
Kapasiteit:Slaap 4
Webwerf:Elfen House

Elfen Cottage

Afstand van onthaal-venue:200m
Kapasiteit:Slaap 2
Webwerf:Elfen House

Karoo Masterclass Main House

Afstand van onthaal-venue:1,1km
Kapasiteit:Slaap 8
Webwerf:Karoo View

Karoo Masterclass Cottage

Afstand van onthaal-venue:1,1km
Kapasiteit:Slaap 2
Webwerf:Karoo View

Karoo View

Afstand van onthaal-venue:1,4km
Kapasiteit:Slaap 11 in 4 eenhede
Webwerd:Karoo View

Mirtehof

Afstand van onthaal-venue:1,6km
Kapasiteit:Slaap 12 in 6 eenhede
Webwerf:Mirtehof

Onse Rus

Afstand van onthaal-venue:20m
Kapasiteit:Slaap 10 in 5 eenhede
Webwerf:Onserus

Prince Albert Country Stay

Afstand van onthaal-venue:240m
Kapasiteit:Slaap 10 in 5 eenhede
Webwerf:PA Country Stay

Sanctuary

Afstand van onthaal-venue:300m
Kapasiteit:Slaap 10 in 5 eenhede
Webwerf:The Sanctuary

Swartberg Hotel

Afstand van onthaal-venue:400m
Kapasiteit:Slaap 64 in 25 eenhede
Webwerf:Swartberg Hotel

Olive House

Afstand van onthaal-venue:1,2km
Kapasiteit:Slaap 10 volwassenes en 6 kinders
Webwerf:The Olive House

Yellow House

Afstand van onthaal-venue:1,6km
Kapasiteit:Slaap 10 volwassenes en 6 kinders
Webwerf:Yellow House

🍷 Eet & drink

Yellow House

ń Moet-besoek wanneer jy in die dorp is. Hulle lamskenkels en pizzas is heerlik en die wynlys is uitstekend vir ń ontspanne Karoo-aandete. Bespreek asseblief vooraf, hulle raak vinnig vol.

Jeremy’s

Perfek vir ń gesellige aandete of skemerkelkies. ń Ware Prince Albert gunsteling met ń warm atmosfeer. Moenie die bees “tataki” misloop nie!

Karoo Charcoal

ń Intieme eetplek wat spesialiseer in biefstukke, kerries en vars seekos oor oop kole gaargemaak. Ideaal vir ń spesiale aand uit.

Lazy Lizzard

ń Heerlike ontbyt- en middageteplek met vars kos, heerlike sappe en ń groot verskeidenheid op hulle spyskaart. Hulle het ietsie vir almal!

Watershed Coffee 

ń Gunsteling vir koffieliefhebbers. Stop hier vir ń heerlike koffie, ligte etes en loer gerus deur hul leefstylwinkel, met Chommies produkte vir die hondekind by die huis.

The Green Prince Gin Bar (Swartberg Hotel)

ń Stylvolle klein gin bar by die historiese Swartberg Hotel. Ideaal vir ń drankie voor ete of om die aand mee af te sluit.


🛍 Saterdagoggend mark

By die Prince Albert mark, sal jy die volgende vind:

  • Handgemaakte kunsprodukte
  • Plaaslike olyfolie
  • Vars produkte en gebak
  • Heerlike biltong

Let wel: kom vroeg, aangesien baie van die items vinnig uitverkoop. Ons beveel ook aan om kontant saam te bring, aangesien nie alle stalletjies kaartfasiliteite het nie.


🥐 Plaaslike lekkergoed & plaasuitstappies

Hendry’s Bakery

ń Heerlike stop vir vars suurdeegbrood en lekkernye,  perfek om saam huis toe te neem. Oop op Saterdae en Sondae.


Gay’s guernsey dairy farm

’n Moet-stop op pad huis toe op Sondag. Bring ń koelboks vir vars suiwelprodukte. Dit is altyd ons laaste stop voor ons terugry.

Weltevrede fig farm

ń Unieke Karoo-ervaring en een van Suid-Afrika se eerste vyeplase. Hier word steeds vye gekweek, gedroog en verwerk soos in die ou dae. ń Perfekte stop vir iets soets en plaaslik.

O for Olive (Swartrivier Farm)

ń Ware Karoo-olyfplaas net buite Prince Albert, aan die voet van die Swartberge. Besoekers kan die plaas toer, deur die olyfboorde stap en leer oor die produksie van ekstra suiwer olyfolie. Die ervaring eindig met ń proe-sessie en ligte middagete by Café O, met pragtige uitsigte oor die Swartberge. ń Ontspanne en unieke Karoo-ervaring, ideaal vir ń stadige oggend of middag. Tref vooraf reëlings indien julle in die toer belangstel.

Kredouw olive estate (tussen Klaarstroom en Prince Albert)

ń Klein, pragtige olyfplaas aan die voet van die Swartberge. Hier kan jy olyfolie proe, die olyfmeul en boomkwekery besoek en ń verskeidenheid plaaslike produkte ontdek, van olywe en neute tot skoonheidsprodukte gemaak van olyfolie. Slegs oop op weeksdae tot 16:00.

🥾 Natuur & staproetes

Prince Albert word omring deur asemrowende Karoo-landskappe.

Bushman Valley roete (4km) – mooi en maklik.

Prince Albert Koppie (1,4km) – kort stap met wonderlike uitsig.

Swartbergpas roetes (12,8km+) – vir die meer avontuurlustiges.

🎭 Kuns & kultuur

Prince Albert Gallery

Nou in sy derde dekade, vertoon die Prince Albert Gallery uitsonderlike Suid-Afrikaanse kuns. Dit spesialiseer in kunstenaars uit die Karoo, maar sluit ook werk uit regoor Suid-Afrika in.

The Showroom Theatre

ń Ikoniese sentrum van kreatiwiteit in die hart van die Karoo. Die Showroom Theatre bied fasiliteite vir teater, film en kuns en dien as ń spilpunt vir gemeenskapsontwikkeling en kulturele uitdrukking. Kyk gerus of daar films of teaterstukke geskeduleer is by hulle vir die Vrydagaand.

💡 Laaste gedagte

Prince Albert word die beste “stadig” geniet. Los jou voertuig en verken te voet. Daar is soveel restaurante, koffiewinkels, klein winkeltjies en dinge om te sien. Ons hoop julle geniet dit so baie soos ons en verstaan hoekom ons so lief is vir hierdie klein Karoodorp.